Namibië Boere Droogtehulp werk voort
Boere in Khomas, Otjozondjupa, Oshikoto, Ohangwena, Oshana, Zambezi, Kavango Oos en Kavango Wes kan nou eise vir droogtehulp indien by hul naaste landboukantoor. Namibië Boere Droogtehulp het vier jaar gelede begin, en deur middel van aanlyn veilings en skenkings kon hulle droogtehulp landswyd verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van die organisasie gesels oor hul fondsinsamelingsplanne.