Globale lewenskostekrisis raak Namibië
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing was gasheer vir die bekendstelling van ‘n inligtingstuk deur ekonoom Kitty Mcgirr genaamd “Die wêreldwye lewenskostekrisis vanuit ‘n Namibiese perspektief”. Die krisis verwys na ‘n ongebreidelde styging in die pryse van noodsaaklike goedere en dienste wat stygings in lone en welsynbetalings ver oortref, en wat besteebare inkomste laat daal. Die krisis is ongekend in omvang en bereik, en het net na die Covid-19-pandemie begin. McGirr, ‘n navorser by die instituut, deel die uitwerking van die toename in wêreldwye lewenskoste.