GRN sit die pot mis om klem op waterstof- en olie-sektore te plaas
Namibië se ambisieuse strewe na beide olie en groen waterstof is deur kundiges geprys as ‘n deurslaggewende strategie in die bekamping van armoede, ongelykheid en die skep van werksgeleenthede. President Hage Geingob het vandeesweek in ‘n toespraak by die Africa Energy Week-konferensie in Kaapstad gesê dit kan lei tot meer as 600 000 nuwe werksgeleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het met Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner, gesels oor of dit regverdig is dat die regering net op hierdie sektor fokus in plaas van ander sektore soos landbou of vervaardiging, wat meer werk en langtermyn-werksgeleenthede kan skep.
Op die vraag wat dus gedoen moet word, antwoord hy dat die ekonomie onder meer struktureel verander moet word.