Engeland kan die Bokke klop
Die Engelse stut, Ellis Genge, glo hulle het die vermoë om die verdedigende kampioene, Suid-Afrika, môre in hulle Wêreldbeker-halfeindstryd in Parys te klop. Engeland het in die 2019 Wêreldbeker in Japan die eindstryd teen die Springbokke verloor. Hulle het in November verlede jaar ook ʼn ordentlike pak slae gekry in dié twee spanne se vorige kragmeting. Genge sê alhoewel sommige spelers enige negatiwiteit van buite die kamp sal ignoreer, is hy deel van ʼn groep wat dit as aanmoediging gaan gebruik: