Verslag oor parlementsbrand toon misdadige nalatigheid – DA

Die DA in die buurland sê die verslag oor die brand in die parlement in Januarie verlede jaar toon misdadige nalatigheid wat tot die verwoesting van Suid-Afrika se simbool van demokrasie gelei het. Die parlementêre sekretaris, Xolile George, het gister die bevindings bekend gemaak van ʼn interne ondersoek waarvoor verlede jaar opdrag gegee is. Vyf parlementêre beamptes word betrek by foute in die stelsel en by menslike hulpbronne wat tot die brand bygedra het. Siviwe Gwarube van die DA sê die brand is die toonbeeld van die ANC se leierskap wat deur verwaarlosing en onbevoegdheid gekenmerk word: