Groot kommer oor verkragtings in Ohangwena

Die polisie in die Ohangwena-streek sê hy het 149 voorvalle van verkragting en vyf pogings tot moord tussen Januarie en September vanjaar aangeteken. Volgens die streeksbevelvoerder, kommissaris Ottilie Kashuupulwa, het Februarie die hoogste syfer aangeteken met 25, amper een elke dag. Daar was 14 arrestasies met 11 gevalle wat steeds ondersoek word. Volgens Kashuupulwa, is al die verdagtes in die pogings tot moord aangekeer en in totaal 98 van die vermeende verkragters. Sy sê die mag sal ‘n bewusmakingsveldtog van stapel stuur om die kwessie van geslagsgeweld aan te spreek.