Drastiese plan om restaurant rekening te ontduik

Was jy al ooit spyt na ‘n ete by ‘n restaurant, bietjie jou begroting oorskry en toe jy die rekening ontvang begin jou hart bons? 

 ‘n Man wat net bekend staan as Aidas J, het glo al meer as 20 keer met ‘n stukkie toneelspel dit reggekry om nie vir sy ete te betaal nie. 

Sy roetine was elke keer dieselfde. Hy het ‘n Russiese slaaitjie bestel en duur whiskey. Dan bestel hy ‘n groot gereg soos die duurste seekos op die spyskaart gevolg deur nog ‘n duur drankie. Net voordat dit tyd is om vir die rekening te vra, sal hy op die grond gaan lê en ‘n “hartaanval” kry. Hy sal maak asof sy bors seer is en begin ruk.  

Hy het sy rieme vasgeloop toe personeel by ‘n restaurant nie vir sy speletjies geval het nie. Hulle het alreeds ‘n waarskuwing ontvang van ander restaurante wat ingeloop is.. 

Foto: Skermgreep op Youtube