Metro Namibia stel Metro Fresh, Metro Home bekend

Metro Namibia het sy bedrywighede uitgebrei en vandag twee nuwe winkels, Metro Fresh en Metro Home bekend gestel. Metro Fresh fokus op vars produkte terwyl Metro Home, produkte om jou huis te verfraai verkoop. Beide winkels is in die Metro Hyper-kompleks in Kleine Kuppe in die hoofstad. Die besturende direkteur van Metro Brian Davis, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.