Olifantkoei vrek aan hartaanval na hondjie in haar kamp in kom

’n Asiatiese olifantkoei is by die St. Louis-dieretuin dood kort nadat ’n klein hondjie losgekom en na haar trop se kamp gehardloop het. Die olifant, Rani, is op die ouderdom van 27 dood aan ‘n vermoedelike hartaanval. Die dieretuin sê hulle is verpletter en het alles moontlik gedoen om haar te red maar, dit was onsuksesvol. Rani was besig om te vreet en was onbewus van die hondjie tot hy op haar afgekom het.