Olie daal effe, Opul gee nie gehoor aan Iran-embargo nie
Oliepryse het vanoggend in vroeë handel teruggesak en stygings in die vorige sessie omgekeer nadat Opul geen tekens getoon het om Iran se oproep vir ‘n olie-embargo op Israel te ondersteun nie. Die plan deur die VSA om sanksies teen Venezuela te lig sal ook meer olie in die mark stoot en dit het ook bygedra tot die daling. Olie het op ‘n stadium net onder 93 Amerikaanse dollar per vat verhandel maar het teruggesak na 91 dollar. Die pryse het in die vorige sessie met sowat 2 persent gestyg weens kommer oor ontwrigting van wêreldvoorrade nadat Iran gevra het die embargo op Israel oor die konflik in Gaza. Op die oomblik kos ‘n vat net bo 91 dollar.