Kus berei voor vir die feesseisoen

Dit begin baie lyk soos Kersfees! Die feesseisoen kom nader en daar word verwag dat plaaslike en internasionale vakansiegangers hul vakansieplanne na verskillende bestemmings in Namibië begin maak, veral na die kus. Oliver Ahrens van Destination Swakopmund het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê almal in die dorp maak gereed vir vakansiegangers in die kusgebiede en dat verblyfbesprekings reeds begin het. Ahrens vra mense om nou al hul verblyf te bespreek om teleurstelling te voorkom.