Bendegeweld in Wes-Kaap wek kommer

ActionSA eis onmiddellike ingryping namate bendeverwante geweld in die Wes-Kaap toeneem en inwoners kwesbaar laat. Volgens die party skets die ontdekking van ‘n onthoofde liggaam in Mitchells Plain, Kaapstad, ‘n prentjie van die toenemende geweld. ActionSA se voorsitter, Michelle Wasserman, sê die provinsie ervaar die meeste bendeverwante moorde, met polisiekantore in ‘n haglike toestand en toenemende aanvalle op beamptes. Wasserman doen ‘n beroep op sleutelbeamptes om ‘n doeltreffende strategie te ontwikkel om die geweld te bekamp, veral op die Kaapse Vlakte, om veiligheid te verseker: