Almal ontken gru-aanvaal op Gaza-hospitaal
Die Islamic Jihad, die tweede grootste militante groep in die Gazastrook, het ontken dat hy verantwoordelik is vir ʼn aanval op die Al Ahli Baptist-hospitaal waarin honderde dood is. Die Gaza-hospitaal het skuiling gebied aan gewondes en ontworteldes na Israeliese bomaanvalle. Palestynse amptenare beskuldig Israel van die aanval, maar Israel sê dis ʼn vuurpyllansering deur die Palestynse Islamic Jihad wat skeefgeloop het. Die Hamas-groep beweer meer as 500 mense is in die aanval dood, maar die Palestynse ministerie van Gesondheid sê dis volgens voorlopige beraming tussen 200 en 300.