Rand, en Namibiese dollar, tans sterker

Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, het in vroeë handel versterk namate spanning in die Midde-Ooste die olieprys onderskraag het en die dollar op die agtervoet geplaas het. Die rand verhandel tans teen 18,89 teenoor die dollar, sowat 0,3% sterker as sy vorige sluiting. Berigte lui dat soos wat die Suid-Afrikaanse rand spring, die dollar verslap. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, gepraat oor hoekom die dollar verslap en of ons meer verswakking van die dollar kan sien, veral met die oorlog in Israel.