Bokke: Ramaphosa soek steeds na Macron om medelye te betoon

Die Bokke se vertoning in die Wêreldbeker bly in die nuus. President Cyril Ramaphosa sê hy probeer steeds om sy Franse eweknie Emmanuel Macron in die hande te kry om sy medelye met hom uit te spreek oor sy span se verlies teen die groen en goud. Intussen sê Ramaphosa as die Bokke die beker huis toe bring, sal hy ‘n vakansiedag verklaar.