Windhoek sal dringend water moet bespaar
Daar is net 28,4 persent waterbronne oor in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die Von Bach-dam op 18,9 persent na water van Swakoppoort, wat op 55 persent staan, oorgepomp is. Omatako is steeds leeg. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê inwoners sal hul watergebruik moet verminder.