DA kap regering oor beheer in toerismebedryf
Die DA sê die proses met die Witskrif oor Toerisme is ‘n geleentheid om die groei van die ekonomie en werkskepping te bevorder. ʼn Woordvoerder van die party, Manny de Freitas, sê daarteenoor is die ANC se manier van beheer, asook verouderde ideologie, klaarblyklik die prioriteit. Volgens De Freitas is daar pogings om diegene te reguleer wat ʼn ekstra inkomste wil verdien deur ʼn kamer, ʼn kothuis of enige ruimte wat aan toeriste beskikbaar gestel kan word, te verhuur.