Seun, 6, 26 keer gesteek omdat hy Moslem is

‘n Chicago-man is van onder andere, haatmisdade aangekla, na hy ‘n 6-jarige Moslemseun doodgesteek en sy ma beseer het in ‘n aanval wat hulle geteiken het omdat hulle Moslems is. Volgens wat berig word het die 71-jarige Joseph Czuba die woonstel aan die ma en seun verhuur en daar was voorheen geen probleem nie. Hy het Sondag die deurklokkie gelui en toe die ma die deur oopmaak het die aanval begin. Hy het ook gesê Moslems moet doodgemaak word. Die seuntjie is 26 keer met ‘n militêre mes met ‘n 18-sentimeter lem gesteek. Sy 32-jarige ma het die aanval oorleef en word tans in die hospitaal behandel. Verskeie kommentators blameer die media vir die radikalisering van die publiek sedert die oorlog in die Midde-Ooste begin het.