Banke eis eiendomme van N$16,2 miljoen terug

Die rol vir die mosiehof vanoggend was redelik klein met ‘n totaal van 63 aansoeke om verstekvonnisse waarvan tien reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 28 aansoeke gebring in die twee sessies wat deur regters Thomas Masuku en Orben Sibeya hanteer is. Die banke eis 11 eiendomme met uitstaande skuld van 16,2 miljoen Namibiese dollar terug. Daar is ook 17 lenings ter waarde van 6,3 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie hanteer regter Hannelie Prinsloo 45 onverdedigde egskeidings.