Hamas verteenwoordig nie Palestyne nie – Austin

Die Amerikaanse minister van verdediging Lloyd Austin, is in Israel. Sy besoek kom ‘n dag na die minister van buitelandse sake, Antony Blinken, ook in Israel met premier Benjamin Netanyahu vergader het. Austin sê die fokus moet op Hamas geplaas word omdat Hamas nie die Palestynse volk verteenwoordig nie.