Fishrot uitgestel, 24 kort regshulp, prokureurs

Soos verwag is die Fishrot-saak uitgestel. Die partye het baie lank saam met regter Moses Chinhengo vergader. Van die 27 beskuldigdes waarvan meer as ses vir vier jaar in aanhouding is, het net drie regsverteenwoordiging en is gereed om voort te gaan. Advokate Cliff Lutibezi en Ed Marondedze het reeds op voor 2 Oktober aangedui die staat is gereed. Die partye het ooreengekom om op 23 November weer bymekaar te kom en dan sal ‘n verhoordatum bepaal word. Daar is vandag voorgestel dat dit moontlik op 29 Januarie kan wees. Die beskuldigdes moet regshulp ontvang omdat hulle bates steeds gevries is.