So word torings deur Telecom uitgerol, Omaheke is eerste

Die uitvoerende hoof van Telecom Namibia Stanley Shanapinda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe sy beplande 500 torings wat hy oor die volgende vyf jaar wil uitrol, sal opgerig word. Volgens Shanapinda moet selfoondekking in die land verhoog en vesel-verbindings ter waarde van 300 miljoen Namibiese dollar word ook beplan.