Geingob, Ramaphosa onderteken 4 ooreenkomste in hoofstad

President Hage Geingob en sy Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa het vergader by die 3de sitting van die Namibië-Suid-Afrika Bi-Nasionale Kommissie in die hoofstad. Die kommissie kom byeen en kyk na samewerking op verskeie vlakke insluitend ekonomies, maatskaplik, verdediging en sekuriteit. Geingob sê vier ooreenkomste is vandag bereik, al hoe wel hy geen besonderhede daaroor bekend gemaak het nie.

Op sy beurt het Ramaphosa gesê hy verwelkom samewerking in die olie- en gassektore, sowel as groen-waterstof.