Voertuigverkope daal weer in September

Die vraag na nuwe voertuie in Namibië het vir die derde opeenvolgende maand afgeneem, met 3,7 persent op ‘n maandelikse basis in September vanjaar. Daar is 1 054 voertuie gedurende die maand verkoop, minder as die gemiddelde oor die afgelope ses maande. Maar, vergeleke met September 2022, het verkope met 3,5 persent toegeneem. Sedert 1 Januarie is 9 848 voertuie verkoop wat die hoogste aantal voertuie is wat tussen Januarie tot September sedert 2017 verkoop is.