Aktiviste reageer op Amushelelo se vrylating

Die bekende aktiviste Dimbulukeni Nauyoma en Michael Amushelelo, is onskuldig bevind in die Windhoek-landdroshof in Katutura. Dit na Amushelelo vir amper sewe maande aangehou is. Die aktivis Simon Amunime het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is bly oor die uitspraak, maar wonder wie verantwoordelik gehou gaan word nadat Amushelelo, wat onskuldig was, vir sewe maande agter tralies gehou is.