Israel gee opdrag 1,1m mense in noordelike Gaza moet in 24 uur ontruim
Die Verenigde Nasies sê die Israelse weermag het aan hom gesê almal in die noorde van Gaza moet binne die volgende 24 uur na die suide verskuif word. Sowat 1,1 miljoen mense, of ongeveer die helfte van Gaza se inwoners word geraak. Dit sluit ook alle VN-personeel in en dié wat in VN-geriewe soos skole, gesondheidsentrums en klinieke skuil. Die VN se woordvoerder, Stephane Dujarric, sê dit kan nie sonder vernietigende humanitêre gevolge gedoen word nie. Die organisasie doen ʼn beroep op Israel om die ontruimingsbevel terug te trek.