Fokus op borskanker tydens Kankermaand

Borskanker is ‘n groeiende kommer in Namibië, met die aantal gevalle wat voortdurend toeneem. Ongeveer 540 vroue word jaarliks in die land met borskanker gediagnoseer, soos gerapporteer deur die Namibiese Kankervereniging. Verreweg die meeste van hierdie gevalle is vroue uit die noordelike streke, waar daar nie behandelingsentrums is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die kankervereniging se hoof uitvoerende beampte, Rolf Hansen, wat meer deel.