Geingob kuier vandag in Erongo

President Hage Geingob besoek vandag die Erongo-streek met ‘n afvaardiging van regeringsamptenare. Hy sal verskeie groen-waterstof projekte besoek sowel as die olie-bergingsfasiliteit, Namport en die Orano ontsoutingsaanleg besoek. Die hoof doelwit is verkenning in verband met die Groen-industrialiseringsagenda van sy administrasie. Hy vertrek om tien-uur vanaf Eros-lughawe en keer half-vyf terug na Windhoek.