Finansiële hulp vir studente steeds onder vergrootglas
Die Organisasie teen Belastingmisbruik het sy kommer uitgespreek oor misleidende inligting wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en sy diensverskaffers tydens ‘n onlangse parlementêre vergadering verskaf is. Die vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het aanbiedings van verskeie partye, insluitende die minister, Blade Nzimande, ondersoek. ʼn Woordvoerder van Outa, Rudie Heyneke, verwelkom die komitee se pogings om die hulpskema aanspreeklik te hou en vra deursigtigheid en aanspreeklikheid in die hantering van fondse wat vir studente bedoel is.