Kommer oor transito-rooftogte in SA

Die Suid-Afrikaanse Transitovereniging het kommer uitgespreek oor die drastiese toename in geldwa-rooftogte in die land. Volgens die vereniging was daar sedert  Januarie 249 geldwa-rooftogte, wat 30 persent meer is as dieselfde tydperk verlede jaar. Hierdie maand was daar al 10 sulke voorvalle. Die vereniging se woordvoerder, Grant Clark, sê byna die helfte van al die rooftogte in Suid-Afrika vind in Gauteng plaas.