Wada waarsku oor Noord-Koreaanse vlag – en ook Suid-Afrika s’n
Asiatiese Spele: Die Wêreldagentskap teen die Gebruik van Verbode Middels het die Olimpiese Raad van Asië teen “gevolge” gewaarsku omdat dit toelaat dat die Noord-Koreaanse vlag herhaaldelik by die Spele gehys word. Wada het Noord-Korea se nasionale liggaam teen die gebruik van opkikkers in 2021 tot “nie-voldoening” verklaar en sanksies ingestel wat ‘n verbod op die land se vlag by enige sportbyeenkoms insluit, behalwe die Olimpiese en Paralimpiese Spele. Wada het ook hierdie week die Suid-Afrikaanse teen-opkikker liggaam gewaarsku om binne 10 dae sy sokkies op te trek, of die Springbokke en Proteas sal nie verder die nasionale vlag by die rugby- of krieket-wêreldtoernooie kan dra nie.