Blade beskerm die studente-hulpfonds – DA

Die DA beskuldig die buurland se hoër onderwys-minister, Blade Nzimande, daarvan dat hy probeer om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente teen ondersoek te beskerm. Nzimande is tydens ʼn vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys gekritiseer omdat hy toesig oor die skema beperk het. Die komitee wou antwoorde hê oor die uitdagings met inligting- en kommunikasietegnologie by die skema en bewerings van onreëlmatighede met tenders deur die uitvoerende hoof, Andile Nongogo. ʼn Woordvoerder van die DA, Chantel King, sê ondanks die minister se weerstand bly hulle daartoe verbind om NSFAS aanspreeklik te hou.