Max Homa op pad na Nedbank Gholfuitdaging

Gholf: Die wêreld nommer sewe, Max Homa, sal die gehalte van die Ryderbeker na die Nedbank Gholfuitdaging bring wanneer hy van die negende van aanstaande maand af sy debuut by ‘Afrika se Major’ maak. Die Amerikaner het verlede week in Rome sy eerste verskyning by die grootste spankompetisie in gholf gemaak en het die beste van die Amerikaanse span gevaar met drie-en-ʼn-half punte. Homa sal by spanmaat, Justin Thomas, en die Engelse Ryderbeker-duo, Tommy Fleetwood en Justin Rose, aansluit in ʼn sterk groep inskrywings by die Gary Player-buiteklub.