Verhogings is nie REDs se skuld nie
Die Namibiese Elektrisiteitsbeheerraad het kragverspreiders in die streke van die skuld onthef vir die buitensporige tariewe wat ingestel is. Die raad sê die hoë tariewe is te wyte aan opwekkings- en transmissiekoste, wat meer as 70 persent van die totale prys uitmaak. Volgens die raad se uitvoerende hoof, Robert Kahimise moet die hoë koste verbonde aan die opwekking en oordrag van die elektrisiteit aangespreek word. Hy sê dat salarisse en direksiefooie gereeld vir die hoë tariewe by die sogenaamde REDs die skuld kry maar, die kostes maak blykbaar net 3 persent van die totale koste van die verspreiders.