Zambezi-boere ploeg, al is die grond droog
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, sê boere berei hul grond voor, al het hulle nie voldoende neerslae in die vorige reënseisoen gekry nie. Sampofu sê die gebied ervaar tipies ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van 500- tot 650-millimeter. Hy voeg by boere is hoopvol vir goeie reën hierdie seisoen. Hulle is bereid om met die regering saam te werk om die droogte te versag en voedselsekerheid te verbeter: