Lughawensmaatskappy hoop op einde van hofgedinge
Menzies Aviation, wat op 19 Augustus by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgeskop is, is vanoggend in die Hoërhof die loef afgesteek. Menzies het ‘n interlokutêre aansoek gebring waarin hy gevra het dat ‘n vorige bevel vir redelike kennisgewing om die perseel by die lughawe te verlaat bekragtig word, maar dit is van die hand gewys. Paragon Aviation het reeds Menzies se plek ingeneem. Die woordvoerder van die Namibiese lughawensmaatskappy, Dan Kamati, sê hulle is verlig maar hoop dat dit nou die einde van die hofgedinge is.