VSA Ope oor 15 dae in ’24

Die Australiese Ope sal van volgende jaar af oor 15 dae gespeel word. Die ekstra dag is bygevoeg om te voorkom dat wedstryde eers in die vroeë oggendure klaarmaak. Die wêreld se gewese nommer een, Andy Murray van Skotland, het vanjaar gekla toe sy wedstryd teen die plaaslike speler, Thanasi Kokkinakis, tot ná vier in die oggend geduur het. Die toernooi-direkteur, Craig Tiley, sê hulle het na spelers en toeskouers geluister en is opgewonde om ʼn oplossing te bied sodat wedstryde vroeër eindig. Volgende jaar se Grand Slam-toernooi begin Sondag, die 14de Januarie.