Ontvoerder gevang met vingerafdruk op losprysbrief
Die polisie in Amerika het ‘n jong meisie gered nadat hulle haar ontvoerder se vingerafdrukke op die nota oor die losprys geïdentifiseer het. Die negejarige Charlotte Sena het weggeraak terwyl sy in ‘n park in New York fiets gery het. Die nota is by haar ouers se huis afgelewer terwyl die polisie die huis dopgehou het. Die goewerneur Kathy Hochul het dit so verwoord:
Die 47-jarige verdagte, Craig Ross, is geïdentifiseer deur data wat in 1999 ingesamel is tydens ‘n voorval toe hy skynbaar onder die invloed van alkohol bestuur het. Die polisie het op sy huis toegeslaan en die angsbevange meisie in ‘n kas aangetref. Sy was ongedeerd en is met haar verligte ouers herenig.