Zim-owerhede soek nog na vermiste myners
Zimbabwiese owerhede soek steeds na oorlewendes wat ondergronds vasgekeer is toe ‘n ongebruikte goudmyn verlede week ineengestort het. Ongelukke in ongebruikte myne is algemeen in Zimbabwe, waar ambags- of kleinskaalse mynwerkers onwettige minerale probeer ontgin. Die jongste voorval het Vrydag in Chegutu, sowat 100 kilometer wes van die hoofstad Harare, plaasgevind. Daar is reeds 13 dood verklaar. Polite Kambamura, adjunkminister van myne, kon nie sê hoeveel mense nog ondergronds vasgekeer is nie omdat daar geen aanduiding is van hoeveel mense in die eerste plek ondergronds was nie.