Pappas ontken nepotisme bewering in KZN-toerisme

’n DA-burgemeester van KwaZulu-Natal ontken bewerings van nepotisme nadat ’n toerisme-organisasie wat aan sy eks-verloofde behoort finansiële ondersteuning van die munisipaliteit ontvang het. Die DA het Chris Pappas van die uMngeni-munisipaliteit onlangs aangewys as sy kandidaat vir premier in die provinsie in volgende jaar se verkiesing. ’n Voormalige lid van die DA, Sizwe Mchunu, het Pappas by die Openbare Beskermer verkla en beweer uMngeni Tourism, wat bedryf word deur sy eks-verloofde, JP Prinsloo, het meer befondsing as ander organisasies ontvang. Pappas sê die ooreenkoms het plaasgevind voor hy in 2021 burgemeester geword het.