Wêreldbeker-seges vir Skotland, Fidji, Argentinië

Skotland het in Lille amok gemaak en 12 drieë teen Romenië ingeryg om hulle met 84-0 pak te gee. Dit beteken ‘n moontlike uitspeelwedstryd met Ierland in Groep B van die Wêreldbekerkampioenskap. Die Springbokke is die gunstelinge om Tonga vanaand met ‘n bonuspunt te klop en Skotland het dus die maksimum van vyf punte nodig gehad. Fidji het in Bordeaux ‘n agterstand ingehaal en ‘n naelskraapse oorwinning van  17-12 teen Georgië in hulle groepwedstryd behaal om so te sê hulle plek in die kwarteindronde te bespreek. In die wedstryd tussen Argentinië en Chile het die losskakel Nicolas Sanchez 20 punte aangeteken om sy span tot ‘n oorwinning van 59-5 te lei. Argentinië kom nou teen Japan in die kwarteindronde te staan.