Regeringstilstand ter elfder uur in VSA afgeweer
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het laat Saterdag 335-91 gestem om die regering vir ‘n verdere 45 dae te finansier, met 209 Demokrate wat die maatreël ondersteun vergeleke met 126 Republikeine. Die Senaat met ‘n Demokratiese meerderheid het toe 88-9 ten gunste van die maatreël gestem net drie ure voor die sperdatum om middernag om te vermy dat die regering tot ‘n stilstand kom. Die maatreël sal verseker dat die regering tot 17 November gefinansier word. Die noodbegroting sluit geen hulp vir die Oekraïne in nie.