Kenner sê Eskom is dalk nie heeltemal eerlik nie

Die onafhanklike Suid-Afrikaanse energie-ontleder, Hilton Trollip, sê hy is bekommerd dat die Eskom-bestuur dalk nie heeltemal eerlik is in hul pogings om beurtkrag te bekamp nie. Vroeër die week het die kragvoorsiener se bestuur gesê, hulle is vol vertroue dat die terugkeer van drie eenhede van Kusile twee maande voor skedule, sal lei tot verminderde beurtkrag hierdie somer, met vlakke wat ‘n maksimum van fase vier kan bereik. Trollip het sy skeptisisme uitgespreek oor Eskom se verslag, en die beweerde afname in onbeplande instandhouding: