Nuwe slenter, die keer ‘n NamRA-betaling
Daar blyk om ‘n nuwe slenter te wees. Volgens berigte, ontvang persone ‘n kennisgewing van Standard Bank wat redelike professioneel voorkom. Die persoon word ingelig dat daar ‘n inkomende betaling van NamRA, met ‘n bedrag gelys, verwag word en die daar op ‘n skakel geklik moet word om die betaling te bevestig. Lede van die publiek word gemaan om nie op skakels, wat vermoedelik van banke afkomstig is te klik nie. Toegang tot sensitiewe inligting word so bekom. Geen privaat inligting oor bankrekenings moet op die manier gedeel word nie.