Taiwan: Seun 27 keer tydens judo-oefening neergegooi

‘n Sewe-jarige seun in Taiwan is dood na hy 27 keer tydens ‘n judo-oefening deur sy klasmaat en afrigter neergegooi is. Die kind het bloeding op die brein gekry waarna hy in ‘n koma ingegaan het. Sy ouers het sy lewensondersteuningstelsel nou ná 70 dae afgeskakel, berig internasionale media.