Ten spyte van eise deur EFF, daar’s nie geld vir verhogings in Tshwane nie
Die EFF in Tshwane sê hy eis die heraanstelling van die afgedankte munisipale werkers of hy sal die stad onregeerbaar maak. Die party het gister na die stad se hoofkantoor in die Pretoriase middestad opgeruk en op die verhoging van salarisse vir munisipale werkers aangedring. Staatsamptenare verbonde aan die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie, wat al twee maande betoog, wil ‘n loonverhoging van 5,4 persent hê. Burgemeester Cilliers Brink sê steeds hulle kan nie salarisverhogings bekostig nie: