Ouers moet ‘sorg dat kinders genoeg tyd kry vir leer’

Senior leerders is tans besig met hul finale mondelinge skool-eksamens en sal binnekort met hul gestruktureerde vraestelle begin. Edda Bohn, die uitvoerende direkteur by die onderwys-ministerie, doen ‘n beroep op ouers om te verseker dat hul kinders genoeg tyd kry sodat hulle kan studeer en behoorlik voorberei vir die eksamen. Die ministerie het ook die versekering gegee dat streng veiligheidsmaatreëls in plek is om enige lekkasie van eksamenvraestelle, soos in vorige jare gebeur het, te voorkom. Edda Bohn is aan die woord.