Epra wil weet presies wat Finansiële Taakmag se bepalings is
Die Finansiële Intelligensie-sentrum het die afgelope tyd verskeie beroepe gedoen op nie-winsgewende organisasies, kerke, burgerlike organisasies en meer, om te registreer en inligting oor befondsing, stigters en meer te verskaf. Dit is blykbaar as gevolg van bepalings deur die Finansiële Taakmag om te verhoed dat Namibië op die gryslys, soos Suid-Afrika, geplaas word. Die sperdatum is 30 September. Maar, Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging, sê dit twyfelagtig of al die inligting werklik deel vorm van die taakmag se bepalings.