Ses jongmense dagvaar 32 Europese lande oor klimaatsverandering

Ses jong mense van Portugal sleep 32 Europese lande na die Europese Hof vir Menseregte om hul regerings te dwing om op te tree teen klimaatsverandering. Hulle sê 27 EU-lidlande sowel as die Verenigde Koninkryk, Rusland, Turkye, Switserland en Noorweë het nie daarin geslaag om aardverwarming aan te spreek nie. Hulle voer aan klimaatrampe en die impak daarvan maak inbreuk op hul persoonlike regte. Die groep jongmense is tussen 11 en 24 jaar oud. Een van hulle Sophia Oliveira sê dis tyd dat regerings begin luister.