Kaapse oorstromings kos landbou R14 miljard
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê die eerste syfers wat ontvang is na die naweek se swaar reënval en oorstromings, dui op skade van byna 14 miljard Suid-Afrikaanse rand in die landbousektor. ʼn Woordvoerder van die departement, Ashia Petersen, sê die Kaapse Wynland is die ergste getref en skade hier beloop tans 800 miljoen rand. Sy sê ander gebiede wat geraak is, sluit die Tuinroete en Overberg in: